Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het gesê dit is byna onmoontlik om te voorspel wanneer beurtkrag tot ʼn einde sal kom. Hy het soos gebruiklik Sondag die media ingelig oor die stand van sake met die land se kragnetwerk en die regering se energieplan. Hy het wel voorspel dat beurtkrag in die komende somermaande heelwat minder sal wees. Die minister sê dit bly belangrik dat elke Suid-Afrikaner sy deel doen om elektrisiteit te bespaar.