Dit is onseker wanneer skole-rugby weer in Suid-Afrika hervat sal word

 Dit is onseker wanneer skole-rugby weer in Suid-Afrika hervat sal word

Dit is onseker wanneer skole-rugby weer in Suid-Afrika hervat sal word.
SA Rugby sal straks dié week aankondig dat alle amateurrugby tot Junie gestaak word.
Netwerk24 berig só ’n besluit sal weer ’n reuse-terugslag veral vir die o.18-spanne wees.
Skolespelers in gr.12 kon verlede jaar glad nie hul staal op die veld wys nie.
Die laaste skolewedstryd is op 14 Maart beslis en daarna is alle toernooie, jeugweke en feeste afgelas. Sou Covid-19 nié onder beheer gebring kan word nie, sal nóg o.18-spelers nie hul talente ten toon kan stel om moontlike kontrakte los te speel nie.
Die SA Beker-reeks – die nuwe kompetisie wat die SuperSport-uitdaagreeks vervang – en wat as kwalifiserende toernooi vir die Curriebeker gebruik sal word – is ook in die gedrang.

LeandreAdmin@