Dit was vanoggend stil by die landdroshof op Groblersdal in Limpopo, waar Francois Van der Merwe, direkteur van die Bittereinders-beweging, na verwagting sal verskyn.

Netwerk24 berig hy staan tereg op aanklagte van aanranding en bykomende klagte wat verband hou daarmee dat hy glo ‘n polisiebeampte verhoed het om sy pligte uit te voer.

Die straat voor die hof is met kegels en ‘n enkele pantservoertuig afgesper.

Rosestad-nuus het vroeër berig Van der Merwe is verlede Woensdag buite die hof in hegtenis geneem, na ‘n beweerde onderonsie met die polisie.

Soos verlede week berig deur Maroela Media, was Van der Merwe by die hof ter ondersteuning van Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, van Wildlife Investigations & Protection Services.

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord van ‘n werknemer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×