Dit is tyd om plaasbeveiliging soos ‘n noodtoestand te hanteer, het dr. Theo de Jager, uitvoerende hoof van die landbounetwerk-organisasie, Saai, die week aan Netwerk 24 gesê. Dit, na een van die bloedigste weke ooit op Suid-Afrika se plase waarin agt lewens in agt dae in vyf provinsies geëis is. Die wreedheid van die moorde het skokgolwe deur die land gestuur. De Jager het gesê Landbou-unies, boereverenigings, plaaswagte en burgerregte-organisasies het almal veiligheidstrukture maar doen hul eie ding. Almal se veiligheidstrukture praat nie met mekaar nie. Hy het geê Saai, TLU SA, Afriforum, Agri Noordwes en Mpumalanga Lanbou is reeds bymekaar ingeskakel en hulle hoop om nog meer landboustrukture te betrek. De Jager het bygevoeg die boere wag nou al 17-jaar nadat die kommando-stelsel totniet gemaak is, dat die polisie sy beloftes nakom om dit met polisiereserviste te vervang.
