Suid-Afrikaners gaan vanoggend vanaf sewe uur stem in wat bestempel word as die belangrikste verkiesing sedert die aanbreek van die demokrasie 30-jaar gelede. In die Vrystaat het die DA se premierskandidaat, Roy Jankielsohn, gister ‘n spesiale stem in Bethlehem uitgebring.
Jankielsohn het gesê 2024 se verkiesing is ‘n keerpunt vir alle gemeenskappe omdat vanjaar se verkiesing die toekoms van die land kan maak of breek. Hy het gesê die land kan nie nog vyf jaar onder ‘n regering wees wat niks omgee vir sy mense nie. Hy het Vrystaatse inwoners gevra om in groot getalle te gaan stem om Suid-Afrika te red van die tentakels van armoede, korrupsie en ekonomiese agteruitgang.