Dit is vandag Nasionale Melktert-dag en die eg Suid-Afrikaanse tert word al vir eeue beskou as een van land se inheemse geregte soos bobotie en boerewors. Maar, vandag is die dag wat menige huis, sitkamer vir bejaardes en besighede se teekamers na kaneel gaan ruik. En, die enigste voorwaarde om dit vier is om ‘n stukkie melktert, koud of warm, te geniet.

Verskeie tydskrifte het al na die perfekte melktert gesoek, maar elke bakster hou vol sy of haar geheime resep is die beste. In Bloemfontein het Petro Jordaan wat elke Saterdag by haar stalletjie by die Boermark konfyte verkoop, gister melkterte van vroeg af spesiaal vir vandag se melktertdag in die stad afgelewer. Jordaan sê die week was besonder besig en sy kon nie voorbly met haar melkterte wat in outydse blikborde verkoop word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×