Dit is vandag twee jaar sedert Rusland ‘n volskaalse inval in die Oekraïne geloods het. BBC berig Oekraïne het gister bekendgemaak sy weermag het ‘n Russiese A-50 militêre spioenasievliegtuig neergeskiet, die tweede vliegtuig binne ‘n maand.

Die vliegtuig is tussen die Russiese stede Rostov-on-Don en Krasnodar getref. Volgens Oekraïense militêre bronne is dit meer as 200 kilometer van die voorste linie af. Oekraïne se lugmaghoof, Mykola Oleshchuk, het ook sy land se intelligensie dienste bedank met die hulp wat hulle verleen het om die vliegtuig neer te skiet. Rusland het nog nie kommentaar oor die bewering gelewer nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×