Terwyl behuisingsprojekte stadig, of geensins vorder nie, wil dit voorkom of ‘n tekort aan geld nie noodwendig in die pad van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings staan om sy reuse behuisingstekort op te los nie.

Die DA se Leona Lewis, lid van die Vrystaatse wetgewer, het aan Volksblad gesê ‘n skamele 7,9% van menslike nedersettings se begroting is glo sedert die boekjaar se begin, tot einde Augustus spandeer.

Honderde buihuisingsprojekte staan stil in die Vrystaat.

Sommige hiervan reeds vir so lank as agt jaar.

Daar is skynbaar meer as 11 000 halfgeboude huise in die provinsie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×