Dit was vandag die tweede dag van mondelingse voorleggings oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, bekend as die Bela-wetsontwerp. Die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS), doktor Jaco Deacon, sê die voorstel kan tot ʼn stortvloed hofsake daarteen lei.  Dit is omdat die wysiging voorstel om die mag oor openbare skole se taal- en toelatingsbeleide uit die hande van skoolbeheerliggame te neem. FEDSAS het verder aan LP’s gesê dit is sy standpunt dat die status quo dieselfde moet bly.  Daar is ʼn persepsie dat hierdie wysigings net op Afrikaanse skole gemik is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×