Dit wil lyk asof die ramptoestand oor Suid-Afrika se energiekrisis toe dalk inderdaad ‘n storm in die spreekwoordelike teekoppie was.
Hoewel die nuus eers vanmiddag amptelik aangekondig word, is die aap reeds uit die mou, dat die ramptoestand, wat minder as twee maande gelede afgekondig is, nou aan die verlede behoort.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, is een van talle organisasies wat die ramptoestand as irrasioneel bestempel het.
Outa het dadelik stappe geneem om dit te stuit.