Dit wil voorkom of die EFF se studentevleuel gereed maak vir ‘n werwingsaksie by instellings vir tersiêre onderrig in die Mangaung-metro. ‘n Uitnodiging is op sosialemedia gesirkuleer waarin die bestuur van dié liggaam vra dat alle lede Donderdag op gegewe plekke en tye in Bloemfontein byeen moet kom. Herman Lombaard van National Crime Assist het gesê dit lyk asof hulle getalle wil tel. Hy het mense gevra om die brandpunte te vermy, aangesien gemoedere skielik kan opvlam soos reeds talle male in die verlede gesien is. Die byeenkomplekke is die Motheo TBOO Kollege, die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie of SUT.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×