Die IVP het ingestem om samesprekings te hou met enigiemand wat sy “waardes en beginsels deel” rakende die moontlikheid om veelparty-samewerking vir volgende jaar se algemene verkiesing saam te stel.

Maroela Media berig John Steenhuisen het met sy herverkiesing as DA-leier, onder meer die IVP genooi om ʼn sogenaamde “Moonshot”-pakt met enersdenkende politieke partye, burgerregtegroepe en burgerlike organisasies te vorm.

Die DA het gesê hy wil hierdie stap neem sodat die ANC ontsetel kan word, die EFF uit regering kan bly, en om ʼn nuwe nasionale opposisiekoalisie-regering daar te stel.

Terwyl sommige politieke partye reeds hul steun vir die moontlike pakt uitgespreek het, is ander weer bekommerd dat die DA ander partye as sogenaamde “pionne” sal gebruik.

Die IVP het gesê daar moet ʼn inklusiewe omgewing van betrokkenheid geskep word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×