Dit wil voorkom of herfs in die Vrystaat binnekort iets van die verlede kan wees. Die winter kruip stadig maar seker nader en volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens kan Vrystaters ‘n koel tot warm week verwag. Quinton Jacobs van die weerdiens in Bloemfontein het aan Netwerk24 gesê dat reën nie vandeesweek oor die streek verwag word nie. Hy meen die kouefront wat volgende Sondag oor die grootste deel van die binneland sal beweeg, bring die winter saam. Hierdie week se minimum temperature wissel tussen 5 en twaalf grade terwyl die Vrystaat se maksimum temperature tussen 20 en 25 sal wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×