Owerhede het gisteraand nog ‘n konstruksiewerker uit die puin gehaal waar ‘n gebou in George inmekaar getuimel het. Reddingspogings sal voortgaan om die oorblywende 42 vasgekeerde werkers te vind. Sewe van die 33 mense wat tot dusver gered is, is dood verklaar. Die woonstelgebou is ontwikkel deur ‘n private maatskappy – The Neotrend group – Ice projects. Die departement van indiensneming en arbeid sê hy kan nie die oorsaak van die ineenstorting ondersoek voordat die ondersoek aan die departement oorhandig is nie. Intussen het Alan Winde, Wes-Kaapse premier, aan SABC nuus gesê ondersoekers van die betrokke regeringsowerhede is reeds op die toneel van die ineenstorting.