Die dodetal in die gebou-ramp in George het tot 21 gestyg nadat ‘n woonstelgebou ‘n week gelede skielik ineengestort het. Die George-munisipaliteit het dié syfer vanoggend vroeg bekend gemaak. Altesaam 31 mense word nog vermis. Daar is tot op hede soveel as 50 mense uit die puin gehaal, waarvan 15 nog in die hospitaal is. Volgens die George-munisipaliteit is die fokus steeds op reddingspogings.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×