Die burgemeester van die stad Derna in Libië, Abdulmenam Al-Ghaithi het aan plaaslike media gesê die verwagting is dat die dodetal na oorstromings in die hawestad, tot tussen 18- en 20-duisend kan styg. Al-Ghaithi sê dit is na aanleiding van die omvang van die skade, wat verskeie distrikte uitgewis het. Na raming is meer as 30-duisend mense haweloos gelaat toe die walle van twee damme Sondag weens die storm Daniel meegegee het. Die hoof van ‘n internasionale kantoor vir migrasie in Tripoli, Tauheed Pasha, sê daar is ‘n groot behoefte aan mediese personeel.
