Die dodetal in die vloede in Ladysmith in KwaZulu-Natal het tot ses gestyg. Ses mense is dood en minstens 10 word vermis nadat hul motors deur die water meegesleur is. Die kitsvloede het ‘n spoor van verwoesting op oukersaand in Ladysmith gelaat het nadat ‘n rivier se walle gebreek het weens die swaar reën. Die vloede het groot skade aan paaie en motors aangerig. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen ‘n Vlak 2-waarskuwing uitgereik wat aandui dat donderstorms na verwagting sal voortduur in verskeie dele van KwaZulu-Natal. Volgens die provinsiale regering is die soektog na die vermiste mense gister hervat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×