Die dodetal in vanoggend se brand in die Johannesburgse middestad het drasties gestyg. ‘n Woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, Robert Malaudzi, het die dodetal op 73 bevestig, waarvan sewe kinders is. Meer as vyftig mense is beseer. Die brand het vanoggend in die vroeë oggendure in ‘n vyf-verdieping-gebou op die hoek van Albert- en Delversstraat uitgebreek. Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Die gebou behoort aan die Johannesburg-metro en was gebruik as ‘n plakkerskamp. Inwoners het probeer om die gebou binne te gaan om hul besittings te red, maar dit was te gevaarlik, het Malaudzi gesê. Die Stad Johannesburg het intussen beraders ontbied om die families wat geraak word by te staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×