Die dodetal het tot 21 gestyg ná die beleg van ‘n hotel in Mogadisjoe in Somalië. Maroela Media berig die aanval deur ‘n Al-Kaïda-verwante groep op die gewilde Hayat-hotel het dele van die gebou ineen laat stort en daar word gevrees dat mense steeds onder die puin vasgekeer is. Vegters van Al-Sjabaab het die hotel Vrydagaand bestorm. Honderde mense was in die hotel toe ‘n selfmoordbomaanvaller ‘n reuseontploffing veroorsaak het. ‘n Tweede ontploffing het minute later gevolg. Somalië se minister van gesondheid het Sondag gesê minstens 117 mense is gewond ten tyde van die beleg wat nagenoeg 30 uur geduur het. Verskeie aanvallers is glo deur veiligheidsmagte doodgeskiet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×