Die dodedtal het tot vier gestyg, nadat ‘n gebou in George gistermiddag ineengestort het. Die George-munisipaliteit het aan Netwerk24 gesê die vierde oorledene se liggaam is kort na vyfuur vanoggend uit die puin gehaal.
Die onbevestigde vermoede bestaan dat die woonstelblok, wat in aanbou was, ineengestort het toe die dak van die kelderverdieping meegegee het. Twintig mense is tot dusver lewend gevind en in die hospitaal opgeneem. Nog 51 word vermis.