Die dodetal in die verwoestende brande in Los Angeles in Kalifornië het tot tien gestyg.

Dit is volgens syfers van die distrikspatoloog se kantoor. Luidens SABC-nuus berigte is meer as 180 000 mense tot dusver opdrag gegee om uit hul huise pad te gee.

Intussen het die private weervoorspeller – AccuWeather – beraam dat die skade en ekonomiese verliese in die Los Angeles-gebied tot $150-miljard kan beloop.

President Joe Biden het ‘n ramptoestand in die gebied afgekondig en Donderdag onderneem dat die federale regering ten volle sal betaal vir die volgende 180 dae se opruimingswerk, die verwydering van vlambare materiaal, tydelike skuilings en noodpersoneel se salarisse.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×