Doel skiet en doel skop is vandag se teiken vir Suid-Afrika se vroue netbal- en sokkerspanne.
Die Wêreldbeker-toernooie van albei sportsoorte vir vroue, word vanjaar in Nieu-Seeland aangebied.
Banyana Banyana, die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan, is eerste in aksie te sien.
Hulle het pas teen die span van Italië uitgedraf in Wellington.
Suid-Afrika se Proteas meet om sesuur vanaand met die tuisspan op die netbalbaan kragte.