Sy het gister haar 35ste verjaarsdag in die Bloemfonteinse landdroshof deurgebring en sal nog ‘n week agter tralies moet wag om te hoor of haar
borgtogaansoek slaag al dan nie.

Dokter Nandipha Magudumana, wat tereg staan op ‘n rits klagtes wat met die veroordeelde moordenaar, Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-gevangenis verband hou, se borgtogaansoek is gister voortgesit.

Luidens Netwerk24 was haar pa, Cornelius Sekeleni gister saam met dokter Nandi se suster, Phumla in die hof. Sekeleni is is een van 13 beskuldigdes in die Bester-ontsnappingsaak.

Landdros Estelle de Lange se uitspraak oor dokter Nandi se borgtogaansoek word Maandag verwag.

Magudumana word in die Kroonstadse tronk vir vroue aangehou en Bester in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria. Die ontsnappingsaak hervat in Oktober.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×