Dokters mag nou medisyne met Ivermektien as die aktiewe bestandeel op eie diskresie voorskryf

 Dokters mag nou medisyne met Ivermektien as die aktiewe bestandeel op eie diskresie voorskryf

Die organisasie “ I Can Make a Difference Doctors and Medical Practitioners group” in samewerking met Afriforum, die ACDP en verskeie dokters en aptekers het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria, ‘n hofoorwinning behaal teen die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad, SAHPRA.

Die hof het beslis dat dokters nou medisyne met Ivermektien as die aktiewe bestandeel op eie diskresie mag voorskryf en dat apteke met ‘n lisensie om medisyne te vervaardig, medikasie met Ivermektien in mag maak.

Praktisyns hoef nie meer vir Artikel.21 goedkeuring by SAHPRA aansoek te doen nie.

Netwerk24 berig daar is reeds ses vervaardigers goedgekeur om Ivermektien in grootmaat na Suid-Afrika in te voer.

Die Hof het ook gelas dat SAHPRA en die minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize die applikante se regskoste van sowat R1,8-miljoen moet betaal.

SAHPRA sê hy bestudeer nog die uitspraak.

LeandreAdmin@