Doktor Jan Stemmet, voormalige hoofdirekteur van die Vrystaatse departement van onderwys en oud-skoolhoof van die Sand du Plessis Hoërskool in Bloemfontein, is in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die Life-Rosepark-hospitaal.
Netwerk24 berig die 85-jarige Stemmet het ‘n week gelede in sy huis in die Westerbloem-aftreeoord geval en het bloeding op die brein opgedoen.
Sy vrou Annette het gesê teen die tyd dat hy per ambulans hospitaal toe geneem is, kon hy nie loop of praat nie.
Sy het gister gesê dat dat dit beter met hom gaan.
Dit lyk of hy verstaan wanneer hulle met hom praat.
Die egpaar se seun, die 45-jarige doktor Jan-Ad, is in Augustus verlede jaar skielik oorlede nadat hy inwendig begin bloei het.
Hulle dogter, Julena, is in 2001 in ‘n motorongeluk dood. Jan en Annette het nog ‘n seun, Gideon, wat ook in Bloemfontein woon.