Dr. Roy Jankielsohn, is op die DA se provinsiale kongres in Kroonstad herkies as die leier van die DA in die Vrystaat. Die party se provinsiale voorsitter, Werner Horn, en die voorsitter vir finansies, David van Vuuren, is ook in hul posisies herkies. Die leier van DA, John Steenhuisen, het op die kongres gesê die DA sal oor die volgende 18 maande daarop fokus om die party uit te bou en sy persentasie kiesers in die Vrystaat te verhoog in aanloop tot die algemene verkiesing in 2024. Steenhuisen sê die leiers in die provinsie sal gemeenskappe besoek om kiesers te werf. Hy sê die DA sal verandering in die Vrystaat teweeg bring.
