Die moordverdagte, Werner de Jager, sal vandag hoor of sy borgtogaansoek in die landdroshof in Amanzimtoti geslaag het. Die 45-jarige De Jager staan tereg op ‘n aanklag van moord met voorbedagte rade op sy vrou, ds Liezel de Jager in 2021, asook twee aanklagte van bedrog.

Netwerk 24 berig Liezel is in Oktober 2021 in die oprit van haar pastorie in Amanzimtoti oorrompel en verwurg en haar keel is afgesny. De Jager ontken skuld op al die aanklagte. Lt kol Marietjie Roodt, die ondersoekbeampte het voorheen in ‘n eedsverklaring aan die hof gesê De Jager het kort na sy inhegtenisneming in November verlede jaar verskeie bekentenisse oor die moord op sy vrou gemaak.

De Jager het aangedui sou hy borgtog kry, hy by die Potchefstroom opheffingsprojek, bekend as Hebron, sal tuisgaan. Hebron is ‘n veilige hawe vir mense sonder ‘n heenkome.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×