Die vermoorde dominee Liezel de Jager se man, Werner, word glo betrek by die beweerde verwurging van ‘n vrou in Brittanje in 2012.
Hierdie skok-bewering het gister in die hof in Amanzimtoti aan die lig gekom, maar die polisie het volgens Huisgenoot, geen verdere besonderhede verskaf nie.
Rosestad-nuus het gister berig Werner word nou van moord met voorbedagte rade, sowel as van bedrog aangekla, in die staat se saak oor Liezel se moord.
Netwerk24 het die jongste klagstaat onder oë gehad, waarvolgens Werner skynbaar Liezel se moord beplan het, omdat hy uit twee lewenspolisse wou munt slaan.
Hy het glo die uitkeerbedrae, wat miljoene rand beloop, ná haar dood probeer eis. Werner is aanvanklik alleenlik vir die moord op dominee Liezel aangekla.
Intussen berig Volksblad, luidens ‘n betroubare bron, kan nog ‘n verdagte binnekort in verband met die moord op Liezel in hegtenis geneem word.