Ds Liezel de Jager wat op 13 Oktober 2021 by haar pastorie in Amanzimtoti vermoor is, se moord het na twee jaar ‘n nuwe kinkel gekry. Haar man, Werner, sal vandag in die hof in Durban verskyn in verband met haar moord. ‘n Eenheid wat spesialiseer in onopgeloste sake, het De Jager Donderdagoggend in Bloemfontein in hegtenis geneem, het Rapport gister berig. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van die burgerregte-organisasie, Action Society, het gesê die eenheid wat die saak op 14 November by die oorspronklike ondersoekbeampte oorgeneem het, het uitstekende ondersoek werk gedoen. Die eenheid het in vier dae reggekry wat die ondersoekbeampte nie in twee jaar kon regkry nie. Liezel se ouers het Cameron gevra om hulle by te staan omdat daar nie vordering met die saak was nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×