Werner de Jager, wie tereg staan vir die moord op sy vrou, dominee Liezel, word na verwagting binnekort in hegtenis geneem op twee aanklagte van strafbare manslag.
Netwerk24 berig – luidens ‘n eedsverklaring van die ondersoekbeampte – was Werner na bewering onder die invloed toe hy ‘n ongeluk veroorsaak het waarin twee mense dood is. Aan die hand van ‘n verklaring, wat deel is van sy borgtogaansoek, sê Werner dat hy nie die ongeluk veroorsaak het omdat hy onder die invloed van drank was nie.
Twee vroue is dood en nog drie mense is ernstig beseer, in die ongeluk in April verlede jaar, naby die Koppies-afrit op die N1 in die Vrystaat.