Donald Trump het die afkondiging van ‘n noodtoestand in Washington DC goedgekeur

 Donald Trump het die afkondiging van ‘n noodtoestand in Washington DC goedgekeur

Die Amerikaanse president, Donald Trump het die afkondiging van ‘n noodtoestand in Washington DC goedgekeur, te midde van kommer dat sy ondersteuners die inhuldiging van die verkose president, Joe Biden gaan probeer ontwrig.
Dit volg nadat die speurdiens, die FBI, gewaarsku het dat gewapende groepe beplan om in die hoofstede van al 50 state en in Washington DC te betoog in die aanloop tot die inhuldiging op 20 Januarie. Veiligheidsowerhede is vasberade om ‘n herhaling van verlede week se geweld te verhoed.
Duisende ondersteuners van Trump het die kongresgebou bestorm om te probeer keer dat Biden se oorwinning in die verkiesing bekragtig word.
Die afkondiging van ‘n noodtoestand sal federale hulpbronne beskikbaar stel om owerhede in Washington DC te help met voorbereidings vir aanstaande week.

LeandreAdmin@