Die Amerikaanse hooggeregshof blyk skepties te wees teenoor ‘n besluit van die staat Colorado om Donald Trump van die staat se stembriewe te verwyder. The Guardian berig dit blyk asof die hof ook in Donald Trump se guns gaan beslis dat hy as president verkiesbaar kan staan.

Die regters sal bepaal of Colorado Trump van die stembrief kan skrap. Die hooggergshof se besluit sal ook bepaal of ander state Trump van die stembrief kan afhou. Colorado en Maine het Trump van hul kiesers se stembriewe verwyder vir sy beweerde betrokkenheid by die opstand in die Amerikaanse Capitol-gebou. Die saak duur voort. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×