Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, is strafregtelik aangekla van sameswering om sy verkiesingsnederlaag in 2020 om te keer.
Hy word altesaam van vier aanklagte beskuldig.
Dit sluit onder meer sameswering om die VSA te bedrieg en sameswering teen die regte van Amerikaanse burgers in.
Die 77-jarige Trump, wat weer vir president verkiesbaar is, ontken egter alle aanklagte teen hom.
Hy is ook beskuldigde in twee ander hofsake.
Een oor die beweerde wanhantering van geklassifiseerde lêers, en die ander vir die beweerde vervalsing van sakerekords.