Die tyd raak min vir die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, om te sê of oudpresident Jacob Zuma terug tronk toe sal moet gaan of nie.

Die kommissaris, Makgothi Thobakgale, moet Zuma se lot teen Donderdag bekend maak.

Kenners meen die kans dat Thobakgale die oudpresident terug tronk toe sal stuur, is uiters skraal.

Rosestad-nuus het vroeër berig, volgens die Jacob G. Zuma-stigting-woordvoerder, Mzwanele Manyi, is daar géén manier dat hy terug tronk toe sal gaan nie.

Manyi, meen die 81-jarige Zuma het reeds sy vonnis van 15 maande uitgedien.

Die mediese parool wat aan Zuma toegestaan is, is verlede maand deur die kontitusionele hof as ongrondwetlik verklaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×