Die dood van die 85-jarige Marietjie van der Watt, die laaste administrateursvrou van die Vrystaat, is volgens die oorledene se dogter die einde van ‘n era. Marietjie wat Dinsdag in die Quando Care-versorgingsoord in Bloemfontein oorlede is, was die weduwee van wyle doktor Louis van der Watt. Hy was van 1990 tot 1994 die laaste administrateur van die Vrystaat, voordat die nuwe bedeling in werking getree het. Hy is in 2009 oorlede. Marietjie, ‘n nooi Bezuidenhout, het sedert haar aftrede in Bloemfontein gewoon. Sy het in Verkeerdevlei grootgeword en skoolgegaan, en het in 1954 aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein gematrikuleer. Haar troosdiens sal voorlopig Dinsdagoggend om elf-uur in die NG kerk Heuwelkruin gehou word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×