Die polisie sê hulle kan nie die dood van ‘n mynwerker – wat ook ‘n vloerleier was van die vakbond Numsa – met die onlangse staking van subkontrakteurs by die Impala Platinum-myn by Rustenburg in Noordwes verbind nie. Die 45-jarige man wat in diens was van die Reagetswe-mynboukonstruksiemaatskappy is na bewering Vrydagaand deur twee onbekende mans doodgeskiet by sy blyplek in die Luka-nedersetting. Sy dood volg kort nadat die vakbond begin het met ‘n staking by Impala Platinum. Dit is ook bykans ‘n jaar sedert die sluipmoord op Malibongwe Mdazo, ‘n Numsa-organiseerder, wat voor die kantore van die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie in Rustenburg doodgeskiet is. Reagetswe het Dinsdag ‘n interdik bekom wat werkers gedwing het om terug te keer werk toe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×