Starlink-gebruikers in Suid-Afrika se satelliet-internetdiens word aan die einde van die maand gestaak.

News24 het ‘n e-pos gesien waarin Starlink sê internettoegang sal vanaf 30 April, nie meer moontlik wees in gebiede wat nie as “beskikbaar” op die kaart van sy dienste-areas aangedui word nie. Hierdie stap kom, aangesien Starlink gehoor moet gee aan geografiese diesleweringsbepalings en -beperkings.

Starlink het duisende satelliete wat om die aarde wentel, en wat internettoegang selfs in landelike gebiede moontlik maak, waar tradisionele metodes dikwels reuse uitdagings bied. Starlink is ‘n filiaal van SpaceX, wat aan die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk behoort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×