Doringbos

Geleë op die R64, 35 km buite Bloemfontein aan die oewer van die Modderrivier.
Doringbos is ‘n pragtige plek op die plaas Uitvlugwes. As u ‘n natuurliefhebber is, sal hierdie plek u perfek pas. Ons streef daarna om die natuur so min as moontlik te versteur. Die natuurlike omgewing by ons lokaal maak dit iets unieks. Ons omhels elke seisoen, van die warm, groen somers tot die baie koue, droë winters. Vir ons het die Vrystaat sy eie skoonheid en ons nooi u uit om dit saam met ons te kom ervaar. Ons sal ons bes doen om in al u behoeftes te voorsien en sien daarna uit om aan al ons nuwe kliënte te voldoen.

Ons bied:

  • Lokale vir alle soorte funksies 
  • 4 × 4 ritte en opleiding
  • Jagervarings
  • Verblyf