Die hooggeregshof in Pietermaritzburg sal na verwagting vandag ‘n dringende aansoek deur staatsaanklaer, advokaat Billy Downer en regsjoernalis, Karyn Maughan, aanhoor. Hulle wil die hof vra om die hofbevel af te dwing wat hul private vervolging deur oudpresident, Jacob Zuma, tersyde stel. Dit sal verseker dat die twee uit die howe bly hangende Zuma se appèl. Zuma kla Downer aan dat hy ‘n vertroulike dokument oor sy gesondheid in die loop van sy verhoor aan Maughan uitgelek het. Dit is nie seker of Zuma nog in Rusland vir mediese behandeling is nie. Sy korrupsie-saak word in Augustus hervat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×