Dr Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge het haar kommer uitgespreek dat Israel nie gehoor gee aan die Wêreldhof se bevele nie. Sy het gister volgens Netwerk 24 tydens ’n mediakonferensie gesê Suid-Afrika gaan aandring in ‘n debat van die Verenigde Nasies, of VN, se Veiligheidsraad dat die VN vrede in Gaza afdwing en nie net die konflik monitor nie.

Suid-Afrika gaan druk uitoefen om te verseker dat Israel die Wêrelhof se bevele nakom na aanleiding van die jongste aanvalle op hospitale in Gaza. Naledi het gesê dit is duidelik Israel dink hy het ‘n lisensie om te doen wat hy wil. Die onlangse aanvalle is strydig met die hof se uitspraak. Pandor het aangevoer daar berus nou ‘n verpligting op alle lande om na die hof se uitspraak die finansiering en fasilitering van Israel se militêre operasies in Gaza te staak.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×