Dr. Nandipha Magudumana probeer vandag in die Bloemfonteinse landdroshof nog ‘n keer om op borgtog vrygelaat te word. Magudumana is die minnares van die reekverkragter en moordenaar, Thabo Bester. Magudumana, wat skuld gaan ontken op aanklagte teen haar, voer vandag aan sy is teen haar wil op 17 Maart landuit saam met Bester. Netwerk 24 berig Magudumana voer aan indien sy vrygelaat word op borgtog, sy geen gevaar vir die publiek sal inhou nie en by ‘n doktersvriendin in Sandton sal woon. Volgens ‘n verklaring wat by die hof ingedien is, besit die 34-jarige Magudumana roerende bates van miljoene rand. Sy het geen vorige oortredings nie. Sy is ook getroud met twee kinders maar is vervreem van haar man.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×