Dr. Zweli Mkhize, voormalige minister van gesondheid, asook senior amptenare van die departement, gaan waarskynlik strafregtelik vervolg word

Dr. Zweli Mkhize, voormalige minister van gesondheid, asook senior amptenare van die departement gaan waarskynlik óók strafregtelik vervolg word in verband met die Digital Vibes-tenderskandaal.

Dít was die reaksie van adv. Andy Mothibi, hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), toe LP’s in die staande komitee oor
openbare rekeninge, oftewel Skoor, gister spesifíék wou weet of Mkhize ‘n invloed op die ondersoeke na Digital Vibes het.

Mothibi het beklemtoon dat Mkhize se bedanking in géén opsig die SOE se ondersoeke belemmer nie.

Al het hulle aan die einde van Junie alreeds die finále Digital Vibes-verslag aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig, bekom die SOE steeds nuwe inligting.

Luister na potgooie hieronder