Die Nasionale Drankhandelaarsraad is bekommerd oor die voorgestelde aksynsbelastingverhoging.
Die minister van finansies, Enoch Godongwana het gister in sy begrotingsrede voorgestel dat aksynbelasting op alkoholiese drankies met 6,75% verhoog word.
Volgens Maroela Media voel die raad dat, saam met die verhoogde BTW, die hoër aksynsbelasting erge negatiewe gevolge gaan hê.
Terwyl die begroting nog in die parlement goedgekeur moet word, is dit geskeduleer om op 1 April in werking te tree.
SA Wine voel die verhoging is ’n onbillike besluit wat werkgeleenthede en groei bedreig.
Dit maak glo ook die wynbedryf onmededingend op internasionale vlak omdat hulle uit die mark belas word.
SA Wine voorspel dat onwettige handel gaan toeneem, wat aksynsverbruikers na die ongereguleerde mark gaan dryf.
Die uitvoerende hoof van die Nasionale Drankhandelaarsraad meen die grootste wenners met hierdie verhoging gaan die dranksindikate wees omdat hulle nie belasting betaal nie.