Die Suid-Afrikaanse gemengde gevegskuns vegter Dricus du Plessis is vanoggend as die nuwe UFC middelgewig wereldkampioen gekroon. Du Plessis het na vyf uitmergelende rondes die Amerikaner, Sean Strickland in Kanada om die titel geklop. Na hierdie oorwinning is Du Plessis steeds onoorwonne vandat hy sy buiging in die Ultimate Fighting Championship (UFC) gemaak het. Hy het sy laaste sewe gevegte gewen.