UFC – Die UFC middelgewig kampioen, Dricus du Plessis, het geantwoord op Alex Pereira se boodskap dat hy hom in die UFC kruit wil ontmoet.
Pereira het na Du Plessis se oorwinning teen Isreal Adesanya Sondagoggend ‘n plasing op Instagram gemaak, waar hy sê hy gaan af beweeg na die middelgewig kategorie.
Die middelgewig kampioen is na sy geveg gevra oor Pereira se uitdaging, en gesê dat hy eerder sal op beweeg na die swaargewig kategorie.