Drie kabinetsministers van die ANC is daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld van 500 miljoen rand gevra het, om ‘n onreëlmatige tender van vyf miljard rand by die Werkloosheidsversekeringsfonds aan ‘n maatskappy toe te ken. Dit is volgens die uitvoerende hoof van Thuja Capital, Mthunzi Mdwaba. Volgens Mdwaba het valse Valke-lede hom genader en tien persent van die vyf miljard rand gevra sodat hulle kan verseker dat hy die tender ontvang. Mdwaba het gesê hy het geweier, wat gelei het tot die kansellasie van die tender.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×