‘n Onderwyser van Bloemfontein het aanklagte van aanranding teen drie laerskoolleerlinge by die polisie ingedien.

Dit volg nadat die leerlinge haar glo aangerand het, toe sy ‘n handgemene struweling tussen twee meisies wou stopsit. ‘n Seun het glo ook tot die bakleiery in die klaskamer toegetree.

Cuten Williams, beheerraadsvoorsitter van die Doktor Viljoen Gekombineerde Laerskool het aan Netwerk24 gesê die drie leerlinge is onmiddellik uit die klaskamer verwyder, en bystand is aan die onderwyser verleen.

Polise woordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê die polisie-ondersoek duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×