Drie dae van rou is deur Marokko se koning aangekonding, soos die dodetal na ‘n aardbewing tot meer as twee duisend gestyg het. Meer as 1 400 mense het ook ernstige beserings opgedoen nadat ‘n aardbewing, met ‘n geologiese meting van ses-komma-agt, Marrakesj en talle omliggende dorpe Vrydagnag getref. In afgeleë gebiede in die Hoë Atlasberge is hele dorpe volgens berigte vernietig. Luidens Morocco World News het die koning, Mohammed die sesde, ook opdrag gegee dat skuiling, kos en ander noodvoorrade an oorlewendes verskaf word. Groot skade word ook aangemeld in Marrakesj – wat ‘n Unesco-wêrelderfenisterrein is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×