Ierland, Noorweë en Spanje erken van vandag af formeel ‘n onafhanklike Palestynse staat. Die drie Europese lande hoop dat dié stap – wat hoofsaaklik simbolies is – ‘n twee staatoplossing vir Israel en die Palestyne sal laat herleef.

Op ‘n diplomatieke vlak sal konsulate ambassades word en verteenwoordigers ambassadeurs. Ierland, Noorweë en Spanje sê hulle wil op ‘n politieke vlak die fokus op ‘n twee staatoplossing laat herleef. Die lande sê ‘n skietstaking en uitruil van gyselaars is nie genoeg nie. Vantevore het 143 van die 193 lidlande van die Verenigde Nasies ‘n onafhanklike Palestynse staat erken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×