Drie familielede, onder wie ʼn 58-jarige ma, haar 25-jarige dogter en dié se agtjarige dogter, is oorlede nadat verskeie kratte pruime van ʼn vragmotor op hulle geval het.

ʼn Nege maande oue babaseuntjie is  volgens Maroela Media ook in die voorval beseer en ontvang tans behandeling in die hospitaal. Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie sê die ongeluk het op die Drostdyweg, buite Tulbagh in die Wes-Kaap plaasgevind.

Die slagoffers was glo te voet op pad dorp toe om onder meer skoolklere te gaan koop, toe ʼn vragmotor skielik sy vrag by ʼn draai op die pad verloor het.

Pojie sê die ma en dogter is op die toneel, en die agtjarige dogtertjie later in die hospitaal oorlede. Die 31-jarige bestuurder is op verskeie aanklagte van strafbare manslag in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×